Chat with us, powered by LiveChat

Finansiële Assistent

  • Paarl
  • Salary: R- Market-related

Nexus

 

 

 

 

 

NexusAG is een van die voorste  verspreiders wat omvattende  gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied.

FINANSIËLE ASSISTENT

NexusAG, met sy kantore geleë in die Paarl, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir ’n energieke, dinamiese persoon om by die finansiële span aan te sluit. Die geskikte kandidaat beskik oor ’n sistematiese, professionele benadering, logiese denke ten opsigte van probleem-oplossing, is uiters akkuraat en deeglik en kan onder druk presteer. Finansiële opleiding/kwalifikasie en rekenaarvaardighede (MS Excel, MS Word, Outlook) is verdere vereistes vir die pos. Die ideale kandidaat het minstens twee  (2) jaar ervaring in ’n soortgelyke pos, terwyl kennis van Sage X3 die aansoek sal versterk.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Rekenmeester rapporteer en verantwoordelikhede sluit onder andere in: • akkurate vaslegging van krediteure fakture • opvolg van navrae met verskaffers • ad hoc voorbereiding van krediteure-rekonsiliasies • byhou en kontrolering van kleinkas • skakeling met ouditeure soos nodig • alle algemene finansiële administrasie wat met die pos verband hou.

Doen asseblief voor 09:00 op 15 April 2019 aanlyn aansoek by 
www.m3online.co.za   Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk  by M3 Human Capital Management op tel. 021 863 1444.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

To apply for this job please visit www.m3online.co.za.

2019-04-12T10:38:23+02:00