Chat with us, powered by LiveChat

HOOF UITVOERENDE BEAMPTE

  • Swartland
  • Salary: R- Market-Related

Riebeek Valley Wine Co.

HOOF UITVOERENDE BEAMPTE

Riebeek Valley Wine Co. Pty Ltd, is ’n toonaangewende wynmaatskappy in die skilderagtige Riebeekvallei, in die hartjie van die Swartland-wynstreek. Ons fokus eksklusief op Swartland wyn van oorsprong en bied ‘n wye verskeidenheid produkte en dienste aan die Suid-Afrikaanse en globale wynbedryf. Deur samewerking met wynmakers, verspreiders en kleinhandelaars bied ons wyne van uitsonderlike gehalte en duidelike Swartland-karakter aan verbruikers regoor die wêreld.

Riebeek Valley Wine Co. beskik tans oor bogenoemde geleentheid by ons kantore te Riebeek Kasteel.

Die Hoof Uitvoerende Beampte sal aan die Raad van Direkteure verslag doen en verantwoordelik wees vir die optimalisering van die totale waardeketting tot voordeel van plaaslike en internasionale belanghebbendes.

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Bepaal Riebeek Valley Wine Co. se toekoms deur die vestiging en implementering van die strategie en waardesisteme
  • Oorhoofse bestuur van die personeel, infrastruktuur, bemarking en finansies
  • Identifisering, monitering, mitigasie/benutting en rapportering van risiko’s en geleenthede
  • Bestuur talle komplekse verhoudings met belanghebbendes.

Voorkeurvereistes:

  • ’n Gegradueerde met sterk kommersiële inslag, verkieslik met ’n nagraadse besigheidsverwante graad Minstens tien jaar werkservaring in ’n VNVG (FMCG)-/vervaardigingsomgewing
  • ’n Bewese prestasierekord in die lei en bestuur van beduidende verandering en
  • ’n Dinamiese leier om betroubare verhoudings met alle belanghebbendes te bou.

In ruil vir u bydrae bied Riebeek Valley Wine Co. ‘n mededingende vergoedingspakket aan.

Doen asseblief voor 9:00 op 27 Mei 2019 aansoek by monique@talentnetwork.co.za

Diensaanvaarding: so spoedig moontlik

Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

2019-05-17T09:33:44+02:00