Instandhoudingstegnikus

  • Paarl
  • Salary: RMarket Related

Windmeul Eierboere

 

 

 

 

Windmeul Eierboere, met hul aanleg geleë net buite die Paarl, beskik tans oor die volgende betrekking:

Instandhoudingstegnikus

Die aansoeker rapporteer direk aan Bestuur en pligte en verantwoordelikhede behels onder andere die totale instandhouding van die onderneming en die perseel, insluitend die onderhoud en instandhouding van alle toerusting en masjinerie, vlootvoertuie, oordoen van pompe en ratkaste, sweiswerk en elektriese instandhouding.

Die suksesvolle kandidaat moet oor minstens 5 jaar instandhoudingsondervinding asook ’n geldige Kode B-rybewys beskik. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en ’n natuurlike meganiese/elektriese/siviele aanleg of ’n geslaagde vaktoets as ’n Elektrisiën sal in die kandidaat se guns tel. Ervaring van motors, aansitters en programmeerbare logikabeheerders (PLC’s), praktiese kennis van laagspanningstoevoer en ervaring ná vakleerlingskap in die bogenoemde sleutelverantwoordelikhede sal ’n sterk aanbeveling wees.

Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, gemotiveerd wees, onder druk, onafhanklik en baie noukeurig kan werk, eie inisiatief kan gebruik asook bereid wees om bystand- en oortydpligte te verrig.

In ruil vir jou bydrae bied Windmeul Eierboere ’n mededingende vergoedingspakket wat mediese en pensioenbydraes insluit.

Indien u belangstel, rig ’n CV (met dekbrief) voor 1 April 2019 per e-pos aan Marilize Vermeulen by:  marilizev@windmeuleggs.co.za

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

2019-03-26T16:12:22+02:00