Leerder: Landbougewas-Adviseur

  • Temporary
  • Paarl

Nexus

n Ideale geleentheid bestaan vir ’n verkoopsgedrewe persoon wat as Leerder-landbougewas-Adviseur sal optree.

Die geskikte kandidaat beskik oor:

• ’n Toepaslike kwalifikasie (B.Sc/B.Agric/ Diploma in Landbou) • uitstekende kommunikasievermoëns
(in beide Afrikaans en Engels) • bogemiddelde leiereienskappe en bemarkingsvaardighede • uitstekende interpersoonlike vaardighede • die vermoë om ’n kliëntebasis op te bou en te onderhou • bereidwilligheid om te reis • ondervinding ten opsigte van presisie-boerderydienste sal in die kandidaat se guns tel.

Die leerderskap bied aan die ideale kandidaat die geleentheid om blootstelling binne NexusAG-agentskappe te kry, in die volgende areas: • tegniese konsultering op plaasvlak • bemarking en verkope • marknavorsing • verkoopsvooruitskattings • die daarstelling van ’n bemarkingstrategie en bemarkingsbeplanning • verslagdoening • die bestuur van ’n depot en depotpersoneel.

Doen asseblief voor 09:00 op 13 Maart 2019 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak
Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op tel. 021 863 1444.

Diensaanvaarding:

So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die
sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

2019-03-06T14:36:06+02:00