Chat with us, powered by LiveChat

Liasseerklerk

  • Paarl
  • Salary: R- Market-related

Nexus

 

 

 

 

NexusAG is een van die voorste  verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied.

LIASSEERKLERK

NexusAG, met sy kantore geleë in die Paarl, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir ’n dinamiese persoon om by die span aan te sluit. Die geskikte kandidaat beskik oor uitstekende organiseringsvermoë en administrasie vaardighede, is akkuraat, netjies en deeglik en kan onder druk presteer. ’n Matrieksertifikaat, geldige rybewys (Kode B of hoër) en rekenaarvaardigheid (MS Excel, MS Word, Outlook) is verdere vereistes vir die pos. Die ideale kandidaat het minstens twee (2) jaar ervaring in ’n soortgelyke pos, beskik oor eie vervoer en moet bereid wees om pakkies en lêers rond te dra.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Operasionele Bestuurder
rapporteer en verantwoordelikhede sluit onder andere in: liassering van alle daaglikse dokumentasie • sortering en verspreiding van dokumente • afbind van lêers • byhou van liasseringsregister • daaglikse kolleksieroete na store en verskaffers • opmaak en vervoer van pakkies
• assistering met voorraadtellings • ander algemene take wat met die pos verband hou.

Doen asseblief voor 09:00 op 15 April 2019 aanlyn aansoek by 
www.m3online.co.za, 
Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk  by M3 Human Capital Management op tel. 021 863 1444.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

To apply for this job please visit www.m3online.co.za.

2019-04-12T10:38:43+02:00