Chat with us, powered by LiveChat

Passer en Draaier/ Elektromeganikus

  • Ceres
  • Salary: R- Market-related

Laastedrif Agri

 

 

 

 

 

Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ’n gevestigde, kommersiële landbou onderneming, wat spesialiseer in die verbouing en verpakking van vars groente en vrugte. Laastedrif is gesetel buite Ceres en bedien ’n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte.

Die Maatskappy, beskik tans oor die volgende vakante betrekking:

PASSER EN DRAAIER/
ELEKTROMEGANIKUS

Voorvereiste: Toepaslike kwalifikasie of minstens vyf (5) jaar praktiese ondervinding van instandhouding in ’n pakhuisomgewing.

Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir: Die voorkomende instandhouding van toerusting, herstel van toerusting, en voorraadhouding en -bestuur van masjinerie, toerusting en gereedskap, navolging van goeie praktyke met betrekking tot Beroepsgesondheid en Veiligheid en verwante administratiewe take.

Die kandidaat moet oor die volgende ondervinding/eienskappe beskik: Instandhouding, foutsporing, rekenaarvaardigheid, vermoë om in spanverband te opereer en ’n goeie werksetiek. Basiese kennis van elektrisiteit en/of verkoeling sal tot die voordeel van aansoekers wees.

Sluitingsdatum:  Donderdag, 18 April 2019

E-pos asseblief u aansoek aan: hrm@cillie.co.za   Aansoeke moet bewys van kwalifikasie asook besonderhede van drie (3) kontakbare verwysings insluit.

Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, moet u asseblief aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

2019-04-12T10:39:06+02:00