Plaasbestuurder

Website Human Capital Management

Ons kliënt, geleë in die skilderagtige Slanghoek vallei buite Rawsonville,
beskik tans oor die volgende posisie.
Plaasbestuurder
Hierdie uitdagende en opwindende geleentheid benodig ’n persoon met sterk
interpersoonlike en leierskapsvaardighede en ongeveer 5 tot 8 jaar ondervinding
van wyndruifverbouing. ’n Toepaslike ná-skoolse kwalifikasie asook ’n natuurlike
meganiese aanleg vir basiese instandhoudingswerk is verdere vereistes vir die
pos.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Hoof- Plaasbestuurder rapporteer en
verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie asook die volgende pligte:
• wingerdaanplantings • bemesting • siekte-en plaagbeheer • snoeiprogramme
• druiwevoorbereiding • onkruidbeheer • personeelbestuur, boerdery- en
loonadministrasie • begrotingsbestuur • bestuur van gehaltebeheerstelsels (IPW)
• instandhouding van masjinerie en toerusting • alle ander take wat met die pos
verband hou.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief voor 09:00 op 21 Junie 2018 aanlyn aansoek by
www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk
by M3 Human Capital Management, tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: so spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die
sluitingsdatum ontvang is nie kan u aanvaar dat
u aansoek onsuksesvol was.

2018-06-08T10:59:48+00:00