Senior Wynmaker: Rooiwyn (Wellington Wines)

Wellington Wines

Wellington Wines, geleë in die skilderagtige  Boland omgewing, produseer hoë kwaliteit premiumwyne en beskik tans oor die volgende uitdagende loopbaangeleentheid vir ’n persoon om deel te vorm van die dinamiese produksiespan.

SENIOR WYNMAKER: ROOIWYN

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Produksiebestuurder rapporteer en onderandere verantwoordelikheid vir die volgende aanvaar:

• bereiding van gehalte wyne
• beplanning en bestuur van produksieprosesse
• gehaltebestuur en voorraadbeheer
• aankope van chemikalieë • instandhouding
en huishouding
• eksterne skakeling en wynproeë
• personeelbestuur
• wynadministrasie.

Die ideale kandidaat beskik oor:

• ’n BScgraad in Wingerd- en Wynkunde of soortgelyke kwalifikasie
• ten minste vyf (5) jaar ervaring as Wynmaker van rooiwyn
• kennis en vaardigheid in produksie- en gehaltebestuur
• bewese ervaring in grootmaat/korporatiewe kelder
• tegniese kennis van wynboumasjinerie
• bekend met verskillende gehaltebestuurstelsels
(IPW, BRC, HACCP, WIETA)
• rekenaarvaardigheid (EZYWine)
• uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede
(Afrikaans en Engels)
• passie vir wyn
• goeie spanspeler met die vermoë om ook suksesvol
individueel te werk.

Rig aansoeke so spoedig moontlik aan Joep Joubert by info@hrsa.co.za

2019-02-24T15:55:15+02:00